Die Dameskring

Wie is God en hoe is God?
Wie is God en hoe is God?

Baie keer dink ons dat ons gedurig moet aanpas of met nuwe planne moet kom sodat ons kan voor wees.  Die wêreld voel soms of dit so vinnig verander dat ons self nie eers kan by bly nie.

Soms dink mense in die kerk ook so oor God.  Dan voel dit of alles ’n gejaag word en vir ’n oomblik is dit amper asof mens kan dink dat God ook moet verander om aan te pas by die wêreld wat so vinnig verander.  Ek wonder nogals of die wêreld werklik verander en of ons nie net miskien vasgevang word in besig wees nie?

Hebreërs 13:7-8 herinner ons egter aan ’n baie belangrike waarheid oor Jesus Christus:

Dink aan julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het. Let op hulle lewenswandel tot die einde toe, en volg die voorbeeld van geloof wat hulle gestel het.

Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.”

Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

Wanneer dit voel of alles rondom ons bly verander, MOET ons onthou, God verander nie!  God hoef nie elke dag voor te wees met die tegnologie en om die slimste planne te hê sodat Hy die meeste mense na Hom toe sal trek nie.  Sekere waarhede sal altyd blywend wees, en ook dieselfde bly.  Dit is dat: God is God!  Ons dien Hom omdat Hy God is!

God hoef nie te verander en by ons aan te pas nie!  Ons hoef ook nie voor te bly met die nuutste ontwikkeling om by God aan te pas nie.  ONS MOET wel rustig word, en besef WIE God is.

Die Hebreërs skrywer verwys na die voorgangers wat die woord aan julle verkondig het.  Dit bedoel sekerlik al die geloofshelde soos, Abraham, Moses, Noag en ander.  Maar ook die mense van hulle tyd wat die boodskap direk aan hulle oorgedra het, hulle ouers, rabbi’s en gelowiges in hul eie tyd.

So ook in ons tyd.  Miskien het jou ouers, ouma en oupa, of iemand anders vir jou as kind so geloofs voorbeeld gestel.  Vir jou vertel van Jesus Christus, van Wie God is en hoe God is,  Onthou weer daardie boodskappe en waarhede, en volg die voorbeeld na!  WANT GOD BLY GOD! HY IS gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

Ds. Craig Salzmann                                                                                                                                                                                                                                                              NG Gemeente Heuwelsig te Bloemfontein

Internasionale dag teen geweld en Boeliegedrag by skole ingesluit Kuberboelie
INTERNASIONALE DAG TEEN GEWELD EN BOELIEGEDRAG BY SKOLE INGESLUIT KUBERBOELIE

INTERNASIONALE DAG TEEN GEWELD EN BOELIEGEDRAG BY SKOLE INGESLUIT KUBER-BOELIE – 7 NOVEMBER

’n Groot aantal skoliere regoor die wêreld staar elke dag skoolgeweld en afknouery in die gesig.  Dit beïnvloed hulle fisies, emosioneel én geestelik.  Opvoeding en onderrig word gekortwiek deur fisiese-, verbale- en kuber-boeliegedrag.

UNESCO-lidstate het die eerste Donderdag van November as die Internasionale Dag teen Geweld en Afknouery op Skool, insluitend Kuberafknouery verklaar.  Daarmee erken hulle dat skoolverwante geweld in al sy vorme ’n skending van kinders se regte op onderwys, hul gesondheid en welsyn is. Hulle doen ’n beroep op organisasies sowel as individue om te help om dié internasionale dag te bevorder, te vier en te fasiliteer.

Onderwysowerhede, leerders, ouers, lede van onderwysgemeenskappe, insluitend die tegnologie-bedryf, word gevra om deel te neem aan die voorkoming van alle vorme van geweld in skole.  Die bevordering van veilige leeromgewings is baie belangrik vir die gesondheid, welstand en ontwikkeling van alle kinders.  ’n Slagoffer van boeliegedrag word vir die res van sy/haar lewe daardeur beïnvloed.  Selfs al dink jy jy het dit agter jou gesit, kan klein dingetjies weer die ou magtelose en hartseer gevoel terugbring.  Dan moet jy weer sterk staan en jouself oortuig jy is in beheer en niemand kan jou geluk kom steel nie.

Die voorsitter van die portefeuljekomitee van die polisie in die parlement, Ian Cameron, is ’n misdaadvegter van formaat.  Ons almal onthou met trots, maar ook verontwaardiging, die insident tussen hom en die destydse minister van polisie, Mnr. Beki Cele, in 2023.

In werklikheid is Ian ’n sagmoedige kêrel wat eerder ’n vredevegter as misdaadvegter wil wees.  In sy gesin en by die huis is hy ’n ou ”softie”, want dit is waar hy ontspan en veilig voel.  Hy het egter ’n broertjie dood aan boelies en ’n weersin in onreg van enige soort.   Op Laerskool het Ian bril gedra en was gereeld die slagoffer van boelies.  Sy bril is gereeld van sy gesig af geklap.  Vandag nog wil hy slange vang as iemand hom net agter die kop tik.  Boelies vat nie sommer iemand aan wat teen hulle sal opstaan nie.  Hulle knou graag die af wat  ”anders” as die res is. Maklike teikens is die wat oorgewig of ondergewig is, van ’n ander ras of geloof is, swaksiende is en ’n bril dra, en natuurlik loop die arme rooikoppe erg deur.

Maar hoekom boelie kinders?

In 2024 word daar geweldig baie klem gelê op die lelike sy van boelie-wees en is daar streng anti-boeliemaatreëls in skole.  Kinders weet baie goed wat is reg en verkeerd, maar tog hou hierdie gedrag nie op nie.  As hulle nie hulself fisies of verbaal by die skool kon laat geld nie, word hulle smiddae Kuberboelies.

Ons moet onsself staal teen boelies in die werkplek en ons kinders leer om die boelies op skool te trotseer.  Maak seker jy het ’n oop en toeganklike verhouding met jou kinders, sodat hulle altyd die vrymoedigheid sal hê om oop kaarte met jou te speel.  Moenie altyd die geveg vir hulle gaan veg nie.  Leer hulle om dit self te hanteer.  Maak seker jy weet wat op jou kind se selfoon en sosiale media aangaan.

Ons kan ons kinders nie altyd beskerm nie.  Hulle moet leer hoe om die afknouers te hanteer, want regdeur hulle lewens sal hulle met diesulkes te doen hê.  Elke sitsuasie en elke boelie is anders.  Soms moet jy veg, maar soms is dit beter om te vlug.  Soms moet jy die boelie se gedrag aan die groot klok hang, maar net die volgende keer is ’n stilbek ’n heelbek.  Onderwysers probeer hul bes om die boelies op skool vas te vat, maar loop self ook deur onder kinders wat hulle boelie.  Rottang swaai en houtlepel inlê is lankal nie meer ’n opsie nie.  Elke dag se dissipline en respek probeer afdwing is ’n uitdaging.

Die beste wat ons kan doen is om vir elke slagoffer, maar ook vir elke boelie daar buite te bid.  Jesus het self deurgeloop onder boelies.  Hy weet en verstaan ons smeking.  Laat ons dan almal vanjaar op Internasionale Dag teen Geweld en Afknouery op Skool, spesiaal intree in gebed vir ons skole.

Bronne:  Kwela, 21 Oktober 2024, kanaal 144

www.skole.co.za / Sarina Prinsloo

Bydrae deur Duif Brand

UB-lid Noord-Kaap

PANEELBESPREKING: GRIT deur Magdie de Kock
DIE DAMESKRING BERAAD 2023

PANEELBESPREKING – GRIT:  Guts, resilience, initiative and tenacity

(Aanvoeling/Instink, veerkragtigheid, inisiatief en volharding)

Aangebied deur: Magdie de Kock. Wêreldpresident van ”Associated Country Women of the World”

Inleiding en bekendstelling van my werk as die Wêreldpresident van ACWW:

Ek het die wonderlike voorreg om vir die afgelope 10 jaar op die Raad van Trustees van die grootste vroue-organisasie in die wêreld te dien –   die afgelope 4 jaar as Wêreldpresident, en pas her-verkies vir nog ’n termyn van drie jaar.

GRIT DIE DAMESKRINGBERAAD 2023 (Magdie de Kock)

Gesins- en huishoudelike gedrag
Gesins- en huishoudelike geweld (Karn Botha)

BOODSKAP VAN HOOP VIR MENSE WAT VASGEVANG IS IN ‘N SIRKEL VAN GEWELD

”DIE PAD UIT DIE WOESTYN”

Dit is dikwels hoe mense voel wat vasgevang is in ‘n geweldsituasie, geen hoop om uit hierdie dorre woestyn van fisiese- en emosionele geweld weg te kom nie.

Die slagoffer moet besef dat sy/hy nie alleen hierdeur hoef te gaan nie, daar is hulp! Die wet beskerm slagoffers teen geweld. In geweld situasies is self boodskappe aan die orde van die dag, bv ”dit is reg, ek verdien dit”! NEE, geen persoon verdien om mishandel te word nie!

Praat en verbreek die stilte en die geheim, vertel die verhaal! Slegs die mishandelde kan die keuse maak om ‘n slagoffer te bly, of ‘n oorwinnaar te word. ”Victim to survivor”

Onthou: KNEUSPLEKKE VERDWYN…MAAR DIE PYN DUUR VIR EWIG!

BELANGRIKE PUNTE OM TE ONTHOU AS JY TOT AKSIE WIL OORGAAN

Jou stryd om te ontsnap uit die geweld is ‘n heldedaad, maak ‘n keuse! Jy kan nie wag vir die perfekte oomblik nie. Die oomblik wanneer die omstandighede reg is wanneer al die risiko’s uitgeskakel is en jy veilig voel om tot aksie oor te gaan, breek nooit aan nie. Jy moet nou daardie plan deurvoer – risko’s en al! Die beste strategie om uit die mishandeling te kom is dikwels die teenoorgestelde strategie wat gebruik word en mishandeling oorleef. Moenie skaam of skuldig voel as jy nog lief is vir hom/haar nie. Dikwels wil jy die oortreder beskerm en hom/haar nie in die moeilikheid laat beland nie.

• Jy verdien hulp! Jy gaan baie hulp nodig hê.

• Jy het wetlike regte. Ken jou regte.

• Reg op gelyke beskerming deur die wet.

• Die reg om seks te weier.

• Die reg op ‘n lewe sonder geweld en dreigemente.

• Hanteer jou gevoelens van vrees en onsekerheid. Reik uit en praat.

Lees meer deur op die boonste skakel te klik.

Boeliegedrag
Boeliegedrag

GEWELD EN BOELIEGEDRAG IN SKOLE, ASOOK TEEN KUBERBOELIE

Meer as die helfte leerders op die skoolbanke het al deurgeloop onder ‘n boelie of boelies! Dit

is skrikwekkende syfers en is aan die toeneem. Ouers, onderwysers, grootouers, niemand

moet dit ligtelik opneem nie. Ons kinders verdien ’n veilige gemeenskap waarbinne hulle kan

leef, lag en floreer.

Ons moet ons kinders ernstig opneem as ons vermoed hulle word geboelie. Moenie dink dit

gaan oorwaai nie, moenie dadelik dink die fout lê by jou kind nie. Help hulle, leer hulle

lewensvaardighede wat hulle vorentoe, selfs in die werkplek eendag, goed sal kan gebruik.

Jou kind moet weet dat jy altyd daar is vir hulle, altyd met respek na hulle sal luister sonder

om te oordeel en dat jy hulle te alle tye sal beskerm. Luistervaardighede, m.a.w. om kalm te

bly en nie te oorreageer wanneer jou kind oor hierdie onderwerp of oor voorvalle wil gesels

nie, om te wys jy gee werklik om, m.a.w. om tyd te maak om te kommunikeer, om te hoor wat

nie gesê word nie, om die kind te help om taal te vind vir sy/haar emosies en om sensitief

respekvol met sulke gesprekke om te gaan, is uiters belangrik.

Daar is tog ’n verskil tussen gewone tergery teenoor konfliksituasie teenoor boeliery. Leer

kinders die verskil herken lank voordat hulle slagoffers van boeliery word. Leer jou kind van

vroeg af boeliery is onaanvaarbaar en leer hulle eerder om die verskille tussen mense raak te

sien, te aanvaar en te waardeer. Leer jou kind respek vir alle konings en diensknegte.

Daar is verskeie tipes boeliery, waarvan kuberboeliery die grootste gevaar is vir enige kind of

tiener wat toegang tot ’n selfoon het. Kuberboelies gebruik graag sosiale media as platform

vir hulle teistering, want hulle dink hulle sal nie uitgevang word nie en hulle het meer moed

omdat hulle gesigloos, anoniem en geïsoleerd te werk kan gaan. Kuberaanvalle is geweldig

indringend, baie persoonlik, wreed en dikwels nimmereindigend. Kuberboeliery het

verreikende gevolge en kan selfs tot selfdood lei. Leer jou kind ook hoe om oor hierdie sake

te kommunikeer.

Kinders wat seer het, maak ander kinders seer. Boelies kom dikwels uit wanfunksionele huise

waar hulle min of geen liefde ontvang nie, waar hulle misken word en dikwels self ly onder

boelie- of aggressiewe gedrag. Leer hulle hoe om met ongemaklike emosies om te gaan.

Bou hulle selfvertrouevlakke, hulle onafhanklikheid en selfbeeld. Empatie is die mees

verwaarloosde emosie in ons tyd waar elkeen net vir homself leef.

Die belangrikheid van selfwaarde kan nie onderskat word nie. Selfwaarde moet van geboorte

af gekweek word, nie deur pryswoordjies en luide toejuiging nie, maar met respek,

waardigheid, bemagtiging en goeie openlike kommunikasie.

Van kleutertyd af moet ’n kindjie geleer word dat hy/sy wonderlik en volmaak geskape is en

so ook ander. Bou jou kind se selfbeeld en geestesgesondheid op ’n deurlopende basis met

voort-durende kommunikasie en leer hulle vaardighede wat nodig is om moeilike situasies te

hanteer. Leer en modelleer vaardighede soos probleemoplossing, impulsbeheer,

woedehantering en selfdissipline en bemagtig hulle om positiewe maniere te vind om

viktimisering doeltreffend aan die lig te bring en te help stuit.

Bydrae deur Elize Barnardt

Bronne: afrikaans.com

Lees meer skakels: AfriForum se Teenboeliegids.  https://afriforum.co.za/afknouery-in-skole-is%20jou-kind-dalk-die-boelie/

BERAAD PANEELBESPREKING
Paneelbespreking Gerda Odendaal

Paneelbespreking Willem Jordaan

Aftree-oord of nie?
AFTREE-OORD OF NIE?

Wanneer  ‘n mens ouer word, raak dit vir almal ‘n belangrike besluit:  moet ek my huis verkoop en na ‘n aftree-oord verhuis?  Dit is verkieslik en belangrik dat elke persoon of egpaar self daardie besluit neem. Dit vergemaklik die  aanpassing.  Indien kinders of omstandighede jou dwing om af te skaal, is die  aanpassing soveel moeiliker.

Dit is belangrik om te besef dat ‘n aftree-oord nie primêr bedoel is vir verswakte bejaardes nie. Dit is ‘n veilige tuiste vir mense wat wel nog onafhanklik kan en wil  leef. Tehuise vir Bejaardes versorg verswakte persone.

Die volgende moontlike probleme moet in ag geneem word:

Daar is sekere vereistes waaraan jy moet voldoen om in ‘n aftree-oord toegelaat te word. Hulle stel hulle eie ouderdomsperk vas, die aansoeker  moet die versekering kan gee dat hy of sy nog onafhanklik kan bly en die finansiële vermoë het

Beide jou fisiese spasie en jou privaatheid gaan beperk word

Psigiese spasiebeperking hang van die individu  af. Indien kontak met die wêreld buite die oord behou word met kinders, kerk en organisasies, kan met die lewe soos voorheen  aangegaan word.. Die aftree-oorde het ook baie bedrywighede waaraan deelgeneem kan word.

Kleiner leefspasies, soos  woonstelle bemoeilik die onthaal van vriende .

Daar is sekere reëls waarvolgens sekere dinge gedoen moet word. Dit kom eintlik net neer op goeie maniere en die inagneming van mede-inwoners.

Daar is meestal goeie sekuriteit in die oorde wat dit ‘n regte “sluit en ry” ervaring gee. Sekuriteit is baie beter as in normale woonplekke..

Die koste om in ‘n sorgeenheid in ‘n aftree-oord te bly is deesdae baie hoog.  Dit geld ook vir die dienste van opgeleide versorgers. Sommige aftree-oorde het egter ‘n tariefbeleid waarvolgens dienste van versorgers verkry kan word  vir bv net ‘n uur per dag vir noodsaaklike behoeftes.

Besin oor die tipe verblyf wat nodig is. Huise en woonstelle  kan in ‘n in ‘n aftree-oord gekoop of gehuur  word, of lewensregopsies kan uitge-oefen word..

Lees die fynskrif op enige kontrak baie deeglik.!

Kies ‘n Aftree-oord wat aan joú vereistes voldoen. Party het meer ruimte as ander., In party kan jy jou eie tuin maak, party laat troeteldiere toe, ander nie. Party het meer huise en ander meer woonstelle. Die aanpassing in ‘n huis sal makliker wees as in ‘n woonstel indien  jy nie gewoond was aan woonstellewe nie.

Besin en besluit vóór omstandighede of familie  jou daartoe dwing!

Geksryf deur:  Rina Grové van Brackenfell Simfonietak

NASIONALE KOöRDINEERDER VIR DIE AFRIKAANS 100-VELDTOG
AANSTELLING VAN NASIONALE KOöRDINEERDER VIR DIE AFRIKAANS 100-VELDTOG

Afrikaans vier op 8 Mei 2025 honderd jaar van bestaan as amptelike taal en dié feesvieringe, as deel van die Afrikaans 100-veldtog, gaan landswyd plaasvind. Planne vir dié feesvieringe is bekend gemaak by ŉ funksie wat op Maandag, 8 Mei 2023 by Kleinkaap in Centurion gehou is.

Die oorsigkomitee van die Afrikaans 100-veldtog is op soek na ŉ persoon wat as nasionale koördineerder vir hierdie veldtog kan optree. Die persoon sal op ŉ vastetermynkontrakbasis vir 24 maande aangestel word vanaf 1 Julie 2023 tot 30 Junie 2025. Die tydperk van 1 Julie 2023 tot 31 Desember 2023 sal op ŉ halfdagbasis wees.

Vir meer inligting:

Afrikaans 100 Nasionale Koördineerder finaal

Taalpraatjie deur Louise Lachenicht – Deel 2
Afrikaans is veerkragtig en ligvoets: Deel 2

Praatjie gelewer by die Gauteng-Noord Konferensie, 17 September 2022.
Saamgestel en aangebied deur Louise Lachenicht.

In die Oktober-uitgawe van Klits Klets het ons bewus geword van Afrikaans as klipspringertaal wat veerlig kan spring, maar ook kragtig kan bons en balanseer. Hoe word hoop vir Afrikaans gekweek ten spyte van onsekerhede en aanslae van buite? Die uniekheid van Afrikaans wat lig van voet is met sterk bonsende krag!  Ons fokus nou, met fragmente uit ons poësie, op die satiriese vruggies en klugtige saadjies van lag, as ons in die berge saam met die klipspringers wei.

3. Bytende satire, vol spot en sarkasme: Kerkkoor – M.M. Walters

Oorgehaal staan hul en luister                                               Gemeste Mara vat die fyndraai
soos brakke voor die jag –                                                       en knyp die oë toe,
maar moet nog op die teken wag.                                          Vlaag op vlaag loop die trillinge
oor haar keel en die rillinge
Die suurgesig-soprane skep die noot                                     in die spekwalle agter die skof.
met so ’n lekker uithaalslag,                                                    Die alte dreun so onderlangs,
Tuitbek soos ’n trompetbrigade.                                             ’n byenes vol belofte.
Die orreliste se vet bolletjies                                                   En dan die grand finale almal saam
maak sulke heerlike bultjies en borreltjies,                           luidrugtig: Halleluja, halleluja, onbeskaamd,
soos sy heen en weer agter die klawers rol.                          want al die baldadigheid
geskied plegtig in die naam van die Here.

4. Verspotte oordrewe KLUG, sommer lekker laf: Die Durbanse Poepwedstryd – Anoniem

Iets wat gestaak was in die oorlogstyd                                 Anna Petoors sê dis bogtery daai,
Is die Durbanse jaarlikse poepwedstryd.                             Kyk vir my as julle wind wil sien waai.
Deelnemers kom van heinde en ver,                                    Sy druk en sy druk so hard as sy kan
En die gunsteling vanjaar is nig Sannie Joubert.                 Maar kry niks reg en word uit die wedstryd verban.
’n Berig in vandag se koerant lui
Dat sy die hardste kan p … in die hele kontrei.                   Sannie van Schoor stryk haar hare gelyk
En bloos toe sy voel hoe almal na haar kyk.
Die skeidsregter staan voor die bord
En verduidelik die reëls van die wedstryd in kort                Sy stap toe na vore en antwoord haar naam,
Die wenner vanjaar kry, behalwe ’n hoender                       En toe poep sy harder as die hele spul saam.
Boonop ook ’n pragtige pienk ”bloomer.”                              Die skare deins terug vir die vreeslike stank
Maar staan nog verbaas vir die lieflike klank.
Lettie Verwey tree na vore, die wedstryd is aan                   Die skare breek los in ’n groete applous
Sy begin toe deur eers op haar kop te gaan staan,             En om almal te wys sy’t niemand geflous
En dink, toe sy reg is om haar deeltjie te doen,                   Maak sy nog ’n geluid met ’n Trieng, Trieng!
En daar waai die dak van die hoofpawiljoen.                       Die eerste paar note van ”God save the King.”

Ons het ’n heerlike taal, wat veerlig is, maar met swaartekrag. Koester dit, bewaar dit!
My taal is ’n Klipspringertaal wat tierelier. In my eie gedig kan ek jubel oor Afrikaans:

’n Taal wat kan klingel en klap,                                                Daar’s reëlmatige ritme met ritteldans en rem –
’n taal waarin ek kan klets en kla.                                           dis ’n rolbos, raak-sê, ratse taal.
Ek kan terg en tart en met woorde toor –                              Ek kan saai met slimskerpe sê-goed –
dis ’n kampvuur, kaalkop, kanniedood taal.                         dis ’n sjarmante, simfoniese Simson-taal.
Met so ’n taal kan ek kuier en saamwees,                             In dié taal bid ek die Paternoster –
dis my praat-taal, pret-taal, pragtaal!

Taalpraatjie deur Louise Lachenicht – Deel 1
Afrikaans is veerkragtig en ligvoets: Deel 1

Praatjie gelewer by die Gauteng-Noord Konferensie, 17 September 2022.

Saamgestel en aangebied deur Louise Lachenicht.

Hoog op die rotse, daar staan hulle, gebalanseer, vol vertroue. ’n Troppie pragtige klipspringers.  Hulle loop op die puntjies van hulle hoewe.  Dit stel hulle in staat om op uitsonderlike smal rotslysies te balanseer – soos egte ballerinas.  Hulle beweeg in die berge met ongelooflike vaardighede.  Hulle is veerkragtig, maar standvastig: ligvoets, maar kragvol.

Onlangs is ’n video op WhatsApp versprei oor klipspringers wat só naby die gevaar van wildehonde, nogtans standvastig en wakker bly. Kyk https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/kyk-bokkies-bly-koelkop-toe-wildehonde-toeslaan

So is ons taal, Afrikaans.  Onderkry is min!  Ons taal kan ligvoetig dans, maar is standvastig en sterk.  En dít ten spyte van veg vir behoud?  Afrikaans is uniek; Afrikaans hop, beweeg, spring en bons.

ONS HET ’N KLIPSPRINGERTAAL!

Ons konsentreer graag op die veerkragtigheid van ”lag” in Afrikaans en meer spesifiek in ons poësie.  Kom ons wei saam met die klipspringers in die berge tussen die kostelike komiese blaartjies en humoristiese blommetjies.  In hierdie uitgawe van Klits Klets kyk ons na die eerste twee aspekte van Afrikaans wat sy eie manier van sê het.  Fragmente van gedigte word aangehaal.

Vrolike, grappige komedie gee niemand aanstoot nie: Liewe Haarkapper – Jaco Jacobs

So, hoe wil ek vandag                                  Laat jou knipper agterlangs

My haardos laat sny?                                    ’n Paar keer bietjie glip

Reg, luister asseblief                                     Sodat dit my hele agterkop

Nou baie mooi vir my . . .                              Vol halfmaan-happe knip.

Sny een kant lekker kort,                                Hoekom, liewe haarkapper,

Maar los gerus die ander kant.                      Kyk jy so verbaas na my?

Bo-op moet dit regop staan                           Laas keer het jy dit dan

Net soos ’n mielieland.                                    PRESIES so gesny!

Fyn, ernstige humor, met patos en ironie: Die lelike eendjie – Philip de Vos

Moeder Eend gee sug op sug:                         Dae en maande snel verby,

Neem tog hierdie kind terug!                          Maar sy sou onaansienlik bly.

Sy’s ’n lelike klein eendjie                                 Haar nek word kaal, sy kry ’n bles.

Kyk daai nek en horrelbeentjie!                     Blaf ’n hond:  ”She looks a mess!”

Maar ’n dag of twintig later                             Die diere wis toe wel

Neem haar ma haar na die water.                 Dat sy gewis ’n aasvoël is.

Die kind het nes ’n klip gesink                         En toe het sy, (sover ek weet)

En byna-byna vrek verdrink.                            Die spul gegryp en opgevreet

So leer hul wel ’n dure les:

Selfs ’n aasvoël vind sukses . . .

Mens moet nooit op voorkoms oordeel.

Lelik wees het ook ’n voordeel.

In die November-uitgawe van Klits Klets sal ons dan verdere aspekte van ons Klipspringer-taal bekyk.