
Die Ontstaan van Die Dameskring Beursfonds
Die Dameskring Beursfonds is tydens die 2010 Beraad gestig. Daar word bepaal dat alle fondse sover moontlik jaarliks toegeken moet word, wat beteken dat daar elke jaar van vooraf begin word om geld in die fonds te stort.
Ons is trots daarop om te kan sê dat ons die afgelope paar jaar finansiële hulp van ongeveer R10 000 per student kon bydra tot ons lede, hulle kinders of kleinkinders se studies!

Bydrae
Die Uitvoerende Bestuur vra van elke lid om jaarliks ‘n bedrag van ten minste R50.00 by te dra tot die fonds.
BYDRAE TOT DIE FONDS IS WEL VRYWILLIG.
Die bydrae moet hoofkantoor voor die einde van Augustus bereik om die Uitvoerende Bestuur in staat te stel om die toekenning,s asook hoeveel geld vir elke kandidaat beskikbaar is, teen Oktober elke jaar te bepaal en deur te gee.

Aansoeke
Kriteria vir die aansoek om die Beursfonds is opgestel en word jaarliks hersien.
Aansoekvorms is by hoofkantoor beskikbaar en die sluitingsdatum is teen 30 September van elke jaar. Tydens die Oktober Uitvoerende Bestuurvergadering doen die Bemarkings- en Projektekomitee die toekennings, waarna dit aan die Uitvoerende Bestuur voorgelê word vir finale goedkeuring.
BEURSFONDS AANSOEKE VIR 2025 open Julie 2024.
Ons dra reeds vanaf 2020 by tot ‘n gestremde persoon se studies en wil dit graag weer in 2025 doen.
Beursstudente 2021
ANNEKE VAN ROOY – BSc Honneurs/Universiteit van Pretoria
Moeder: Me. Valerie van Rooy (lidnommer 6979)
Ek is 22 en woon in Port Elizabeth saam met my ouers en broer. Ek is ‘n natuurbewonderaar en gaande daaroor om dinge op’n molekulêre/atomiese vlak te bestudeer. Ek het ‘n BSc in Chemie en Biochemie en beoog om in 2021 BSc Honneurs in Formuleringswetenskap aan te pak. Met ‘n PhD in Chemie in die oog, wil ek die chemie-navorsingsveld help bevorder. My studies word deur ‘n studielening befonds – hierdie beurs is dus ‘n seëning waarvoor ek opreg dankbaar is teenoor Die Dameskring waarvan my ma, Valerie van Rooy, ‘n lid is.
MINETTE SCHNEIDER – BCom 2de jaar/Universiteit van die Vrystaat
Ek woon op my eie in Bloemfontein. Ek is die oudste van drie kinders en het ‘n jonger boetie en sussie. Ek is n dipleeg en is afhanklik van my rolstoel. Ek is besig met my BCom-studies omdat ek ‘n groot passie het vir die besigheidswêreld. Ek wou nog altyd gaan studeer, maar ek het nie geweet of ek genoeg fondse daarvoor sou hê nie. Sonder hierdie beurs sou ek nie my droom kon bewaarheid nie. Ek wil graag eendag ‘n groot sukses maak van my lewe.