Waardeprojek

Waardes vir Woelwaters

“Navorsing bewys dat gelukkige mense verreweg onder meer gesonder is, minder hartsiektes opdoen, langer leef, beter verhoudings het, suksesvoller is, minder geneig is tot depressiwiteit en ‘n positiewe invloed op ander uitoefen.
Kinders vestig reeds neutrale netwerke in hul brein in die eerste sewe jaar van hul lewe en dit bly vir altyd daar.”

– Dr Pieter van Jaarsveld (’n Gelukkige kind)

Die Waardeprojek is `n Nasionale projek van Die Dameskring. Die projek is uitgebrei en maak nou voorsiening om versorgers, opvoeders en ouers verder te ondersteun en toe te rus om hul in hul kleuters se emosionele ontwikkeling te help begelei en algemeen aanvaarbare waardes wat in die ouerhuis geld te versterk en uit te brei.

Die waardepakket

Die pakket is saamgestel en ontwerp deur DK-lede, opvoeders, fisio- en arbeidsterapeute. Dit bestaan uit Waardes vir Woelwaters wat die bron dokument is.

Die dokument omskryf nege Christelike waardes. Elk van hierdie waardes word ingeoefen en vasgelê deur Bybelstories, kleuterstories en aktiwiteite.

Die pakket is verder uitgebrei en `n Handleiding is ontwerp waar die stories uit Waardes vir Woelwaters in die lesse ingewerk is. Die handleiding met lesplanne is uniek deurdat dit kleuters in hulle buigsaamste jare bemagtig met `n gesonde waardestelsel en noodsaaklike vaardighede vir hul toekoms.

Die uitgewerkte lesse is geskik vir 3-5 jariges. Dit kan ook as bykomende materiaal vir Gr.R gebruik word. Hierdie gestruktureerde lesse sluit `n storie, wiskunde, skeppende aktiwiteite, groot motoriese ontwikkeling en perseptuele ontwikkeling in.

Wat hierdie lesplan uniek maak, is asemhalingstegnieke, breingimnastiek, kuns en musiek wat in die lesse ingeskryf is `n Werkboek is ook ontwikkel. Kleuters leer om verantwoordelikheid te neem deur om te sien na hul eie boekie. Die werkboek word slegs gebruik wanneer vaardighede prakties aangeleer is as aanvulling tot die lesse.

Volkleur prente is ingesluit om die stories visueel te versterk.

Opleiding

Opleiding word aangebied om opvoeders en versorgers op te lei om die lesplanne te verstaan asook hoe om die waardes vas te lê. Monitering word ook gedoen om ondersteuning te bied en te bepaal wat die inpak van die projek op die kleuters en breë gemeenskap het.

Bestellings en besprekings van opleiding en werkswinkels

Hoofkantoor
Tel: 012 301 1761 / 079 515 0873
e-pos adres: admin@dameskring.co.za

Mandjie0
Daar is geen produkte in jou mandjie nie.
Kyk nog rond
0