Biddag vir gesinne in Suid-Afrika

Een van die belangrikste doelstellings van Die Dameskring is die behoud en versterking van die gesin. Hierdie doelstelling is vir Die Dameskring so belangrik dat een van ons nasionale projekte die Biddag vir Gesinne is. Maria Elizabeth Rothmann, oftewel M.E.R. beskryf die boustene van ʼn samelewing soos volg: “Die huisgesin is die fondament van ʼn beskawing”.

Die Dameskring sou graag wou sien dat Suid-Afrika bestaan uit gesonde gesinne wat geestelike en morele waardes uitleef. Christelike waardes moet die grondslag van elke gesin vorm. Elke jaar in Mei is Die Dameskring se Biddag vir gesinne. Ons nooi alle Suid-Afrikaners om saam met ons hierdie dag te gedenk.

Ons vra dat almal op hierdie dag saam sal kniel en:

Bid vir jou eie gesin

Bid vir die herstel van gesinswaardes

Bid vir gebroke gesinne en dat daar heling sal kom

Mandjie0
Daar is geen produkte in jou mandjie nie.
Kyk nog rond
0