Die Dameskring inspireer en bemagtig vroue!
Word deel van ons energieke en verrykende vriendekring. Die Dameskring is ’n netwerk van positiewe vroue wat vir mekaar en ander omgee. Ons leef met ‘n passie vir ons geloof, taal, gesonde waardes en ons land, Suid-Afrika.

Ons kom bymekaar:
- In maandelikse byeenkomste van takke regoor die land.
- Tydens Gebieds- en Nasionale kuiergeleenthede.

Ons maak ’n verskil met:
- ’n Waardeboek vir woelwaters.
- ’n Beursfonds.
- Biddae vir vroue en gesinne.
- Aktivisme teen geslagsgebaseerde geweld.
- Bevordering van Afrikaans
Ons bied ook:

’n Maandelikse aanlyn inligtingsbrief

Aanlyn gesprekke met kundiges op verskeie gebiede
Hoe word ek lid?
4 Maklike stappe

Stap 1
Kliek hier vir jou naaste tak

Stap 2
Kontak ons vriendelike administratiewe beampte vir hulp

Stap 3
Die gekose takvoorsitter maak kontak en nooi jou uit na hul takvergadering

Stap 4
Inhuldiging met jou toestemming na die derde takbesoek
Getuigskrifte

Marthella Pretorius
September 1971
Wanneer ek terugkyk, is my sterkste herinneringe sekerlik aan baie en kosbare vriendskappe oor die hele land. Daar is dankbaarheid en daar is verwondering. Ek het onlangs weer die stigtingsdae van DK herleef toe elke woord sorgvuldig bedink, beredeneer en beplan is voordat daaroor besluit is. Ons het self nie geweet wat ons wil en hoe ons wil nie. Net maar was ons bewus van die verlange na iets kosbaars en van hoogstaande gehalte en met lede wat sorgvuldig verkies is, en verder die droom om leiers met besondere kundigheid byeen te bring en kragte saam te snoer.
Dit is nodig om terug te kyk, maar dit is belangriker om vorentoe te kyk, om voortdurend gemotiveerde Christenvroue met leierseienskappe en kennis van ‘n veelvoud van onderwerpe te soek. Dit is ons roeping om die land en sy mense te dien in alle opsigte en andere ook daartoe te motiveer; want ons hoef en moet en kan die taak nie manalleen verrig nie.

Elphi Taljaard
Oktober 2025
As vroue deel ons ʼn gemeenskaplike sorgsaamheid, ‘n spesiale omgee vir ander en vir mekaar, ‘n weerloosheid voor die werklikheid van die tydelikheid van so baie van ons kosbaarhede.
En juis daarom, liewe medevrou, het ons mekaar só nodig! As jy dus vandag vir my sal vra: Dink jy régtig daar is in my deurmekaar, veeleisende, onseker, frustrerende, kommervolle dae nog tyd en plek vir ‘n organisasie soos Die Dameskring, dan wil ek onomwonde, hard en duidelik sê: ja! ja! JA!

Jenny Malan
Desember 2025
Ek het baie spesiaal en geëerd gevoel toe ek in die 1970’s gewerf is om by Die Dameskring aan te sluit. Gehoed en uitgedos in my kerkklere is ek plegtig ingestel.
DK het ‘n nuwe tuiste geword waar ek opnuut waardering gekry het vir ons taal en kultuur. Die DK-studiestukke was verrykend en stimulerend. As huisvrou en ma van drie kleingoed, van wie een gestremd was, het my BSc-graad maar nutteloos gevoel. Om deel te wees van ‘n groep wat geleentheid gebied het om studiestukke te kon voorberei en aan te bied het vir my en vele ander vroue bemagtig in ‘n destyds paternalistiese wêreld. DK was vir my soos “Die huisvrou se universiteit”.

Oor Ons
Dié Afrikaanse vrouekultuurorganisasie wat bemagtig met kennis en omgee.

Waardeprojek
Word saam met ons deel van elke huishouding.

Beursfonds
Ons dra by tot jou, jou kind en jou kleinkind se tersiêre opleiding.

Aanlyn winkel
Ons eie aanlyn winkel –
Die Koöp.

Takke
Vind ‘n tak naby jou!




