Nasionale biddag vir gesinne 2020
Die Dameskring roep gesinne op om saam te bid op Sondag 17 Mei 2020
Kerkgeboue se deure is toe, byeenkomste is gestop… Maar nou kan ons kerk wees, kerk leef – hier in my gesin. Gesinne kry swaar in hierdie buitengewone moeilike situasie waarin almal skielik gedwing is. Dit is slegs deur gebed en vertroue in God dat ons midde-in hierdie stryd kan staande bly.
Ons nooi u elkeen om op die 17de Mei saam met u gesin, daar in die gerief van u eie huis saam te bid en vir mekaar te bid. Maak iets spesiaal van die dag.
Stuur gerus vir ons foto’s en ‘n kort gedagte van wat die dag vir julle as gesin beteken het.
Nasionale biddag vir gesinne 2019
Die Dameskring roep gesinne op om saam te bid op Sondag 19de Mei 2019.
Waarom ‘n spesiale gebedsdag?
“Gesinne is stukkend en ons glo dat as families weer saam begin bid, daar heling sal kom” – Coreen King, Dameskring President.
Ons is van mening dat indien almal in Suid-Afrika saam met ons kan hande vat op hierdie dag, daar ‘n groot verandering in gesinne en ook in ons land kan plaasvind.
Nasionale biddag vir gesinne 2019