AFRIKAANS: REISIGERS NA MôRE/OP REIS MET AFRIKAANS
As reisigers na môre moet ons dink aan die taal wat ons praat en waarin ons kommunikeer.
Paul Kruger het gesê:”wat goed en edel uit die verlede is, moet as inspirasie vir die toekoms dien.”
Dr. Danie Lagner, van die FAK, het in ‘n artikel geskryf dat Afrikaans in 50 jaar van ‘n huis-, tuin- en kombuistaal tot ‘n kansel-, universiteits-en ekonomiese taal ontwikkel het wat met enige ander wêreldtaal kan meeding. Dis ‘n baie jong taal: is in 1925 eers as amptelike taal erken! (Is dus nog nie 100 jaar oud nie.)
Volgens die jongste sensus beklee Afrikaans die “derde plek” naas Zoeloe en Xhosa.
Die stryd oor Afrikaans as tersiêre onderrigtaal woed nietemin voort. Die meeste universiteite het volledig verengels. Net twee Afrikaanse universiteite het oorgebly nl. Die Potchefstroomkampus van Noordwes Universiteit en die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein.
Dr. Mulder meen dat daar talle leuens oor ons taal as feite aanvaar word. Op die webtuiste van Netwerk24 lys hy, in ‘n artikel op 7 April 2016, die volgende 12 leuens oor ons taal:
1. Baie min mense in Suid Afrika praat Afrikaans, daarom is dit beter om na Engels oor te skakel.
VERKEERD: Afrikaans het 6,8 miljoen sprekers en Engels 4,8 miljoen!
2. Afrikaans het nie ‘n plek in Suid Afrika nie omdat dit ‘n “witmenstaal”is. (Die taal van die onderdrukker.)
VERKEERD: Die meerderheid Afrikaanssprekendes is nie wit nie. Van die 6,8 miljoen is net 2,7 miljoen wit en bruin is 3,4 miljioen. (Dus: swart is 9%, wit 40% en bruin 50% van die Afrikaanssprekendes.)
3. Omdat Afrikaans, sg. die taal van die onderdrukker was, is dit beter om Afrikaans af te skaf en na Engels oor te skakel.
VERKEERD: Engels is die taal waarin die wreedste slawehandel en koloniale uitbuiting in Suid Afgrika plaasgevind het. Nazi-geskiedenis is in Duitsland gepleeg, tog word Engels en Duits nie vir hul verlede gestraf nie.
Lees meer……
Gespreksartikel van Riebeeckstad- en Welkomtak se gesamentlike virtuele vergadering (Julie 2020)
Een ding wat maklik onderskat word is veronderstelling dat alles altyd normaal sal verloop. Ons normale lewensuitkyk is dat ons planne maak en verwag dat dit net so sal gebeur. Ons dink nie eers daaroor na nie – more sal ons opstaan en werk toe gaan; ons sal terugkom, aandete geniet, TV kyk en gaan slaap. More sal die dag net so verloop! Wanneer daar egter iets gebeur wat hierdie normale gang van sake omvergooi is dit erg ontwrigtend. ‘n Motorongeluk vind plaas en jy beland in die hospitaal. Dinge by die werk kom tot stilstand. Jy het nog beplan om hierdie naweek ‘n heerlike wegbreek te geniet en jy het só uitgesien daarna! Nou is alles van die baan en moet jy al jou planne aanpas. Wanneer so ’n ingrype langer as’n week aanhou is die kanse goed dat mens neerslagtig kan raak daaroor. As dit egter langer as twee weke aanhou ontaard dit in ‘n krisis wat jou hele toekoms kan herskryf. Dit kan uitloop op trauma en al die ellende wat daarmee saamgaan.
Mense reaksie wanneer alles tot stilstand kom verskil. Meeste van die tyd dink mense nie oor hulle reaksie daarop as ‘n keuse nie. Dit voel asof alles net gebeur. Aanvanklik kry mens dit reg om slegs op die negatiewe van so’n gebeurtenis te fokus. Dit voel asof mens heeltemal beheer verloor het. Dit voel asof mens nooit weer beheer gaan terugkry nie. Mens fokus op die verlies – op dit wat kon gewees het en nou dalk nooit sal plaasvind nie. Verder kom mens nooit uit so ‘n situasie sonder dat dit jou ‘n klomp rand en sent uit die sak jaag nie. Die impak van so ‘n gebeurtenis word grensloos vererger wanneer mens jou werk verloor as gevolg daarvan, om nie eens te praat daarvan as jy iemand naby aan jou aan die dood afstaan nie. Dan het jou lewe vir ewig ‘n koersverandering ondergaan wat vra daarna dat jy alles in die stryd moet werp om aan te pas by die nuwe normaal.
Al hierdie aspekte is besig om die wêreld waarin ons leef vir altyd te verander met die Kovid-19 pandemie. Ons land weet nog nie eens mooi wat ons gaan tref nie en ons het al klaar die negatiewe impak daarvan aan ons lyf gevoel. Dit is nog net die begin en…
Lees meer….
WANNEER ALLES TOT STILSTAND KOM
Boodskap van Stephani Venter (UB-lid N&O Vrystaat) by die gesamentlike virtuele vergadering van Riebeeckstad en Welkom.
Ek kyk op na die berg wat so stil-stil in my wêreld kom staan het. Die berg wat wegkruip in mense se groet & vat & mens-wees. Die berg wat vingermerke maak op winkeltrollies & die rakke daar binne leeg koop. Die berg wat angs & paniek & onsekerheid in mense se harte gaan bêre. Die berg wat wagstaan voor die hospitaal & keer dat geliefdes by ‘n hart-se-mens kan uitkom. Die berg wat ‘n wêreld se ekonomie met een hand stop. Die berg wat skole se deure toemaak & lag-lag voor my kerk se hek gaan sit. Die berg wat bejaardes weerloos laat & hulle bang in hulle huise laat wegkruip. Die berg wat besighede sluit & gesinne sonder kos laat. Die berg wat paaie toemaak & ‘n hele land se mense in hulle huise injaag. Ek kyk op na die berg wat so stil-stil in my wêreld kom staan het. Waar sal my hulp vandaan kom? Wie gaan my help om verby hierdie berg te kom?
Lees meer…