COVID-19 STORIE
Riana Conradie, UB-lid Wes-Kaap 2 gesels met Dr. Ilne Portwig, mediese praktisyn en DK-lid in Wellington. Dr. Ilne vertel van haar ervaring met die Covid-19 virus, die simptome en hoe sy haarself behandel het. Sy vertel ook hoe haar gemoedstoestand beinvloed is en hoe die omgee en liefde van DK-vriendinne en die gemeenskap haar deur hierdie siekte gehelp het.
COVID-19 STORIE UIT KANADA
Erina Hancke, DK-virtuele lid deel haar belewenis van die Covid-19 pandemie soos sy dit ervaar in Brooks Kanada. Haar persoonlike belewenis as ‘n weduwee ver van haar geboorteland was aanvanklik negatief en die gedagte aan eensaamheid wou haar net-net onderkry, maar danksy wonderlike vriendinne kan sy steeds staande bly.
COVID 19 Belewenis in Brooks Kanada
GRENDELTYD IN COCKLE CLOSE
‘n DK-lid uit die Wes-Kaap vertel van haar ervaring gedurende die grendeltyd. Eers opgewondenheid oor die kinders se kuier en dan word die kuier wat net drie weke sou wees, baie lank….