TAALDAGVIERING BY DIE VOORTREKKERMONUMENT
Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) vier Taaldag op 14 Augustus by die Voortrekkermonument. In ‘n ysige koue FAK Liedjietuin, met ‘n warm vuurtjie wat eenkant ‘n bietjie hitte gee, het lojale Afrikaners die dag saam kom vier. Kunstenaars: Coert Grobbelaar, Rudolf Geldenhuis, Alida Stoman, Milano Reyneke het met voordrag en sang gaste se harte warm laat klop vir ons Afrikaanse taal.
DK-lid en wenner van die GHA se Totius-prys, Louise Lachenicht se wen gedig, asook ander digters se gedigte is voorgelees.
Riaan Alkema, sekretaris van die GHA, het aan die geesdriftige feesgangers die stigting van die GRA geskets:
Dit is 14 Augustus 1875, Pastorielaan in die Paarl. Daar is agt manne in die huis van die 42 jarige Gideon Malherbe. Hulle vergader in die geheim, want die publiek is sterk gekant teen die idee van ‘n Afrikaanse skryftaal.