Geverfde kaartjie 18
R20,00
Henna het as plaasdogter grootgeword. Haar pa het haar eerste stel verf gekoop en Henna het haarself as 13-jarige geleer verf. Sy neem Kuns as vak by Hoërskool Nigel. Henna het vir meer as 30 jaar 'n blombesigheid bedryf. Kuns was in haar familie. Haar moeder het die mooiste trourokke gemaak en koeke gebak. Henna is ook 'n borduurder van formaat en het onder andere Kruinsig Hoërskool se vlag en 5SAI se embleem geborduur. Henna brei ook graag vir haar kinders dekens. Op 79-jarige ouderdom is sy besig met 'n ligte grys deken! Henna het al hierdie kleurvolle kaartjies geskilder. Elke kaartjie is 'n kunswerk in eie reg. (Gelde gaan aan Die Dameskring.)