Alexis Bester gebruik helderkleure en skadu’s met ʼn interessante kombinasie van geometriese vorms. Die kunstenaar se styl word beskryf as naïewe surrealisme en fokus op die positiewe. Die talle harlekyn- en narbeelde in sy werk spreek van 'n persoonlike en lewenslange fassinasie met die sirkus en die uitvoerende kunste. Fondse gaan aan Die Dameskring.