Wanneer vroue bymekaarkom, verenig deur geloof, kultuur en die Afrikaanse taal, word hoop
gevestig en gemeenskappe gedien.
In die winter van 1967 word ’n gedagte klein gebore. Dit groei tot ’n roeping in die hart van een vrou wat
onontginde potensiaal in haar vrouwees raakhoor. Sy gun dit vir haarself en ’n handvol vrougenote om die
reikwydte van hul verskilmaak te ontsluit.
Die hoe en hoekom van ’n idee kry geleidelik gestalte en ontwikkel tot ’n kultuurtuiste vir vroue wat
mekaar erken as geesgenote – een in geloof en taal en burgerskap en Die Dameskring word op 18
Oktober 1967 gebore. Woord- en fotobeeld vertel van uitdagings, gebede, unieke verbintenisse en die
blywende impak van vroue wat in gehoorsaamheid en tot eer van God dien en saamwerk aan hul roeping.
’n Toekomsverwagting word duidelik uitgespel deur vroue wat steeds vreesloos verklaar: “Stuur my!”
Geroep om te dien. Verenig in geloof. Gewortel in gemeenskap.
’n Geskiedenis wat inspireer en stuur!


