Ek het ‘n bietjie gaan kyk hoe lyk die vrou van vandag. Sy het definitief drome, passies en potensiaal, maar is tog soms onvervuld. Sy staan in die linkerhand met die wysheid van ouds. Die generasie wat ‘n moederlike steunpilaar van ‘n huisvrou was. Sy was sterk, sy was knap, sy was vreesloos.
In die regterhand van die vrou van vandag is die aantreklikheid van nuut, vars en vining – die multidinamiese vrou wat haar eie lewe met ‘n ysterhand balanseer. Sy’s in baie gevalle ma en pa en sy skroom ook nie om dit te wees nie. Sy hou kop bo water. Sy is ook sterk, knap en vreesloos. Ek het groot respek en eerbied vir alle vroue van vandag, maar ek het ook deernis vir vandag se vrou wat dikwels sit tussen die opsies: om te wees of om te werskaf. Veg sy vir haar identiteit as ‘n vrou of vir haar rol as een?