DINK SLIM – Gebiedskonferensie Gauteng-Suid
Op 12 Oktober 2019 het 74 gaste ‘n geslaagde konferensie met die tema DINK SLIM bygewoon. Gasspreker Barend La Grange, bedryfshoof van South Africa Day het die gehoor geïnspireer om verantwoordelikheid te aanvaar vir hul omgewing. Dit is nie slim om te wag vir leiding vanaf die munisipaliteit of regering nie!
Dames het in takverband tydens groepbesprekings koppe bymekaargesit om praktiese planne te bedink hoe om verskilmakers in hul omgewing te wees.
Deur pro-aktief betrokke te raak kan almal help bou aan ‘n beter Suid-Afrika – so word nuwe optimisme vir die toekoms geskep!
Coreen King, President van Die Dameskring inspireer met haar visie en oorhandig omgee-ruikers aan drie dames wat op verskillende terreine in hul omgewing ‘n groot impak én verskil maak.
Lynette de Jongh (Johannesburg Aasvoëlkop-tak), Melette Els (Vaaldriehoek Crescita-tak) en aan Mariechen Janse van Vuuren (genomineer deur Heidelberg Suikerbosrandtak).
Jacqui January, omroeper van RSG en Dameskringlid, was die op-en-wakker programleier en Coert Grobbelaar, bekende tenoor (begelei deur Rudolf Geldenhuis) het ‘n musiekuitvoering gelewer van verwerkinge van S le Roux Marais.
‘n Heerlike oggend is afgesluit met saamkuier om tafels met keurige gepakte piekniekmandjies.
HOOFFOTO: Takvoorsitters van Gauteng-Suid en eregaste:
Coert Grobbelaar (Gaskunstenaar) , Brenda van Zyl (Alberton Olienthout), Coreen King (President), Jacqui January (Programleier) Donsie Kruger (Benoni Protea) Susan Lucouw (Vaaldriehoek Crescita) Mariechen Barkhuizen (Heidelberg Suikerbosrand), Barend La Grange (Spreker) Karien Snyman (Administratiewe beampte) Martinette Kritzinger (Johannesburg Aasvoëlkop) Tina du Toi (Boksburg Omgeegroep)
Elphi Taljaard (Vise-president en UB-lid Gauteng-Suid)