Wes-Kaap 1 en 2 het ‘n heerlike Konferensie saam met Helpende Hand Wes-Kaap by Langkloof Roosplaas in Wellington distrik gehad. Die geleentheid het getuig van goeie samewerking.
Alida Kruger Melkbaaitak is as Wes Kaap 1 se Vrou van Formaat aangewys. Haar betrokkenheid in die Gemeenskap strek wyd en diep en veral by kindersake. Sy is ‘n DK lid al vir 12 jaar en dien tans vrywillig op FEDSAS se bestuur in die Wes Kaap. Sy is die Eerste vrou om Hoërskool Strand se Beheerliggaam voorsitter te wees. Sy is aktief by die Strand Voortrekkerkommando al vir 3 jaar en sy tree op by funksies met prosa en poësie. Geluk Alida jy is ‘n aanwins. Sy gee God ons Vader al die eer.
Die saamgestelde foto is van die gaskunstenaars Carel Trichardt en Petro Wessels wat Man en Mannin vir ons opgevoer het, asook ‘n klompie huidige UB-lede, asook ou UB-lede .
Skenkings van sanitere ware vir Help Hetta projek.
Franco Conrad het ons verras met 2 liedere.