Afrikaans is veerkragtig en ligvoets: Deel 2
Praatjie gelewer by die Gauteng-Noord Konferensie, 17 September 2022.
Saamgestel en aangebied deur Louise Lachenicht.
In die Oktober-uitgawe van Klits Klets het ons bewus geword van Afrikaans as klipspringertaal wat veerlig kan spring, maar ook kragtig kan bons en balanseer. Hoe word hoop vir Afrikaans gekweek ten spyte van onsekerhede en aanslae van buite? Die uniekheid van Afrikaans wat lig van voet is met sterk bonsende krag! Ons fokus nou, met fragmente uit ons poësie, op die satiriese vruggies en klugtige saadjies van lag, as ons in die berge saam met die klipspringers wei.
3. Bytende satire, vol spot en sarkasme: Kerkkoor – M.M. Walters
Oorgehaal staan hul en luister Gemeste Mara vat die fyndraai
soos brakke voor die jag – en knyp die oë toe,
maar moet nog op die teken wag. Vlaag op vlaag loop die trillinge
oor haar keel en die rillinge
Die suurgesig-soprane skep die noot in die spekwalle agter die skof.
met so ’n lekker uithaalslag, Die alte dreun so onderlangs,
Tuitbek soos ’n trompetbrigade. ’n byenes vol belofte.
Die orreliste se vet bolletjies En dan die grand finale almal saam
maak sulke heerlike bultjies en borreltjies, luidrugtig: Halleluja, halleluja, onbeskaamd,
soos sy heen en weer agter die klawers rol. want al die baldadigheid
geskied plegtig in die naam van die Here.
4. Verspotte oordrewe KLUG, sommer lekker laf: Die Durbanse Poepwedstryd – Anoniem
Iets wat gestaak was in die oorlogstyd Anna Petoors sê dis bogtery daai,
Is die Durbanse jaarlikse poepwedstryd. Kyk vir my as julle wind wil sien waai.
Deelnemers kom van heinde en ver, Sy druk en sy druk so hard as sy kan
En die gunsteling vanjaar is nig Sannie Joubert. Maar kry niks reg en word uit die wedstryd verban.
’n Berig in vandag se koerant lui
Dat sy die hardste kan p … in die hele kontrei. Sannie van Schoor stryk haar hare gelyk
En bloos toe sy voel hoe almal na haar kyk.
Die skeidsregter staan voor die bord
En verduidelik die reëls van die wedstryd in kort Sy stap toe na vore en antwoord haar naam,
Die wenner vanjaar kry, behalwe ’n hoender En toe poep sy harder as die hele spul saam.
Boonop ook ’n pragtige pienk ”bloomer.” Die skare deins terug vir die vreeslike stank
Maar staan nog verbaas vir die lieflike klank.
Lettie Verwey tree na vore, die wedstryd is aan Die skare breek los in ’n groete applous
Sy begin toe deur eers op haar kop te gaan staan, En om almal te wys sy’t niemand geflous
En dink, toe sy reg is om haar deeltjie te doen, Maak sy nog ’n geluid met ’n Trieng, Trieng!
En daar waai die dak van die hoofpawiljoen. Die eerste paar note van ”God save the King.”
Ons het ’n heerlike taal, wat veerlig is, maar met swaartekrag. Koester dit, bewaar dit!
My taal is ’n Klipspringertaal wat tierelier. In my eie gedig kan ek jubel oor Afrikaans:
’n Taal wat kan klingel en klap, Daar’s reëlmatige ritme met ritteldans en rem –
’n taal waarin ek kan klets en kla. dis ’n rolbos, raak-sê, ratse taal.
Ek kan terg en tart en met woorde toor – Ek kan saai met slimskerpe sê-goed –
dis ’n kampvuur, kaalkop, kanniedood taal. dis ’n sjarmante, simfoniese Simson-taal.
Met so ’n taal kan ek kuier en saamwees, In dié taal bid ek die Paternoster –
dis my praat-taal, pret-taal, pragtaal!