Afrikaans is veerkragtig en ligvoets: Deel 1

Praatjie gelewer by die Gauteng-Noord Konferensie, 17 September 2022.

Saamgestel en aangebied deur Louise Lachenicht.

Hoog op die rotse, daar staan hulle, gebalanseer, vol vertroue. ’n Troppie pragtige klipspringers.  Hulle loop op die puntjies van hulle hoewe.  Dit stel hulle in staat om op uitsonderlike smal rotslysies te balanseer – soos egte ballerinas.  Hulle beweeg in die berge met ongelooflike vaardighede.  Hulle is veerkragtig, maar standvastig: ligvoets, maar kragvol.

Onlangs is ’n video op WhatsApp versprei oor klipspringers wat só naby die gevaar van wildehonde, nogtans standvastig en wakker bly. Kyk https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/kyk-bokkies-bly-koelkop-toe-wildehonde-toeslaan

So is ons taal, Afrikaans.  Onderkry is min!  Ons taal kan ligvoetig dans, maar is standvastig en sterk.  En dít ten spyte van veg vir behoud?  Afrikaans is uniek; Afrikaans hop, beweeg, spring en bons.

 ONS HET ’N KLIPSPRINGERTAAL!

Ons konsentreer graag op die veerkragtigheid van ”lag” in Afrikaans en meer spesifiek in ons poësie.  Kom ons wei saam met die klipspringers in die berge tussen die kostelike komiese blaartjies en humoristiese blommetjies.  In hierdie uitgawe van Klits Klets kyk ons na die eerste twee aspekte van Afrikaans wat sy eie manier van sê het.  Fragmente van gedigte word aangehaal.

  1. Vrolike, grappige komedie gee niemand aanstoot nie: Liewe Haarkapper – Jaco Jacobs

 So, hoe wil ek vandag                                  Laat jou knipper agterlangs

My haardos laat sny?                                    ’n Paar keer bietjie glip

Reg, luister asseblief                                     Sodat dit my hele agterkop

Nou baie mooi vir my . . .                              Vol halfmaan-happe knip.

 

Sny een kant lekker kort,                                Hoekom, liewe haarkapper,

Maar los gerus die ander kant.                      Kyk jy so verbaas na my?

Bo-op moet dit regop staan                           Laas keer het jy dit dan

Net soos ’n mielieland.                                    PRESIES so gesny!

 

  1. Fyn, ernstige humor, met patos en ironie: Die lelike eendjie – Philip de Vos

Moeder Eend gee sug op sug:                         Dae en maande snel verby,

Neem tog hierdie kind terug!                          Maar sy sou onaansienlik bly.

Sy’s ’n lelike klein eendjie                                 Haar nek word kaal, sy kry ’n bles.

Kyk daai nek en horrelbeentjie!                     Blaf ’n hond:  ”She looks a mess!”

 

Maar ’n dag of twintig later                             Die diere wis toe wel

Neem haar ma haar na die water.                 Dat sy gewis ’n aasvoël is.

Die kind het nes ’n klip gesink                         En toe het sy, (sover ek weet)

En byna-byna vrek verdrink.                            Die spul gegryp en opgevreet

 

So leer hul wel ’n dure les:

Selfs ’n aasvoël vind sukses . . .

Mens moet nooit op voorkoms oordeel.

Lelik wees het ook ’n voordeel.

 

In die November-uitgawe van Klits Klets sal ons dan verdere aspekte van ons Klipspringer-taal bekyk.

 

 

Mandjie0
Daar is geen produkte in jou mandjie nie.
Kyk nog rond
0