Borg ʼn Waardeboek / Morals for Minors

R120,00

SKU: DKLED12 Kategorie:

Die Dameskring beywer haar vir die vaslegging van Christelike waardes in elke kind in Suid-Afrika. Omvattende werkwinkels word landswyd aangebied waar ouers, grootouers en onderwysers opgelei en toegerus word om as padwysers kinders te begelei na ‘n beter toekoms.Die handleiding, Waardes vir Woelwaters, is in Afrikaans geskryf deur ‘n arbeidsterapeut met meer as twintig jaar ondervinding. Die keuse van praktiese aktiwiteite en idees is grootliks gegrond op kliniese ervaring met jong kinders, hul ouers en opvoeders. Die handleiding is ook in Engels beskikbaar. 'n Waardeboek (Afrikaans of Engels) kan geborg word. Hierdie boeke sal dan aan skole of instansies geskenk word, volgens behoefte. Die skenker sal in kennis gestel word wie die ontvanger van die boek of boeke was.

Mandjie0
Daar is geen produkte in jou mandjie nie.
Kyk nog rond
0