Soms besef kinders nie eers hulle praat Engels nie: “Ouma kan ek asb. ‘n strawberry milkshake met ‘n toasted cheese-broodjie bestel?”. Hierdie speletjie bevat kosterme. Die een kant van die kaartjies is Afrikaanse woorde met die Engelse term langsaan, terwyl die agterkant van die kaartjie die Engelse term met die Afrikaanse term langsaan bevat. Die speletjie bevorder kinders se Afrikaanse taal. Daar is 120 woorde.

