Hugo Fleur se gedrukte linne het ʼn gesofistikeerde voorkoms en gevoel. Hierdie eg-Suid-Afrikaanse handelsmerk vir vrouens word in Kaapstad ontwerp en vervaardig. Kenmerkend van die handelsmerk is dat dit van kwaliteit linne, wat minder kreukel, vervaardig word. Die reeks het klassieke style wat die vroulike figuur komplementeer. Die handelsmerk maak ook voorsiening vir die voller vroulike figuur wat dit soms moeilik vind om ontwerpermodieuse klere te kry. Indien jy deur Die Koöp van Hugo Fleur se produkte aankoop, ontvang Die Dameskring ʼn deel van die verkope. Dui dus asb. aan dat dit deur Die Dameskring se aanlyn winkel aangekoop is.