Spyseniering
ANNE-MARIE FOURIE SPYSENIERING bestaan al vir 34 jaar lank en is geleë in Groenkloof Pretoria. Ek is self ‘n lid van Die Dameskring en, sien daarna uit om my onderneming d.m.v Die Koöp te bemark. Ek het oor die jare gepoog om my onderneming klein, persoonlik en uniek te hou. Ek het, met die verloop van tyd, ʼn uiteenlopende kliëntebasis opgebou. Aangesien ek persoonlik betrokke is by die aanbieding van elke funksie en alle geregte self voorberei,, moes ek ‘n keuse maak tussen kwantiteit en kwaliteit. Uiteraard het kwaliteit die wagwoord geword. Voeg hierby my liefde vir mense en lekker kos en jy het ‘n wenresep! Ons vier kinders het nooit gedink ek “werk” nie, want hulle was altyd my eerste prioriteit. My dienste sluit in:
- Die aanbieding van ‘n funksie by jou huis, wat insluit kelners, breekgoed, eetgerei en natuurlik die voorbereide geregte. Dit bied aan jou die geleentheid om - soos een van jou eie gaste – die funksie te geniet;
- Geregte wat vir jou gaste in jou eie breekgoed voorberei word…...en as jy komplimente kry, mag jy met liefde sê jy het self die geregte voorberei!
- Gevriesde geregte wat ‘n lewensredder kan wees in die gejaagde lewe van vandag;
- Wegneemetes, vir ‘n lekker selfbederf, asoook vir jou gesin - gewoonlik op ‘n Donderdagaand;
- Klaar voorbereide vars of gevriesde etes, wat baie handig te pas kan kom as jyself as gevolg van werk of vakansie van jou huis af weg is, en daar ouers en/of tieners tuisbly, vir wie daar etes voorberei moet word;
- Om in jou plek – as jy dalk voltyds werk – jou pligte námens jou te behartig by ‘n skool-, of kerkfunksie;
- Klaar uitgepakte vingerhappies (soet en sout) vir kantoorfunksies of vir n feestelike skemerkelk!
Vriendelike groete!
Anne-Marie Fourie: 082 257 3996 of 012 460 1456