Glippertjiekonfyt (Catawba)

R30,00

SKU: DKLED02 Kategorie:

Ons het ʼn groot Catawba- (Glippertjie) oes op die plaas “Hennie-Lekkerlag” gehad. Die probleem is dat mens net soveel druiwe kan eet. Ons het eers sap gemaak en toe besluit om konfyt te maak . Dis nogal ʼn werk om die druiwe van die takkies af te haal, te kook en dan die doppe en pitte van die sap te skei! Ons maak dan konfyt van die sap. My ma was ʼn groot konfytmaker, maar hierdie was ons eerste eie poging. Ons het gelees - kook totdat die konfyt wat in die pierinkie gegooi word, plooitjies maak. Ons het bottels en bottels konfyt gemaak! Ons eet gewoonlik Sondae botterbroodjies met konfyt, maar met die hoeveelheid konfyt wat ons gemaak het, sal dit jare en jare hou. Gelde gaan aan die DK se Beursfonds. (NS: Laat weet asb. as die keiser nie klere aan het nie!)

Mandjie0
Daar is geen produkte in jou mandjie nie.
Kyk nog rond
0