Dit is vir my ‘n groot eer en voorreg om ons Vrou van Formaat 2020 aan u bekend te maak.

Die chirurg Liana Roodt het 10 jaar gelede ‘n projek begin waar dokters in hul vrye tyd operasies uitvoer op borskankerlyers wat op behandeling wag.

Liana se projek, Project Flamingo, behels dat ‘n groep chirurge, narkotiseurs en mediese personeel in die Wes- en Oos-Kaap oor naweke en op openbare vakansiedae gratis mastektomies en ander  borsoperasies uitvoer wanneer die teaters in staatshospitale dikwels leeg staan.  So verkort sy en haar span die wagtyd en word honderde vroue se lewens gered.

Dr. Liana het besluit om haar talent, tyd en energie te gebruik om mense by te staan wat nie privaatsorg kan bekostig nie.

Dameskring salueer Dr. Liana Roodt!

Project Flamingo

Gaan lees gerus meer oor Dr. Liana en haar projek:  www.projectflamingo.co.za

Mandjie0
Daar is geen produkte in jou mandjie nie.
Kyk nog rond
0