GEBIEDSKONFERENSIE VRYSTAAT SENTRAAL/SUID, NOORD-KAAP,  STELLA EN KLERKSDORP

OP 07 SEPTEMBER 2019 TE BLOEMFONTEIN

‘n Wonderlike lente-oggend vol geur, vrolikheid en kleur word ‘n nog mooier onthou geleentheid saam met Dameskringvriendinne, oues asook splinternuwes!

Ons word verwelkom met ‘n heerlike koffie en ‘n smullekker muffin en sluit die oggend af met ‘n smaaklike middagete. Karn Botha, UB-lid Vrystaat-Sentraal/ -Suid en haar span sorg vir ‘n oggend met trefkrag en pragtige sang deur Connie Huygen en sy twee seuns, begelei deur Lesley-Ann Botha op die klawerbord.

Susan Hoon van Kuruman Die Oogtak som Coreen King, ons President, se boodskap so op: “Watter impak het my stem en dade op die wêreld?  My lewe is betekenisloos as ek nie weet waaraan of wat ek bou nie.  Ons moet wees soos loodglasvensters; dit het lig nodig wat daardeur skyn om die skilderprent raak te sien.  So moet Christus se lig, vreugde en omgee deur elke DK lid skyn.”

Ons word verder inspireer deur ons spreker, Zilke Mahabeer wie se boodskap Susan so opsom: “Vrees begin klein en as jy dit toelaat word dit al groter, dit neem jou lewe oor en verplaas hoop.

Ester was einlik ‘n niemand nie, ‘n weeskind, deel v ‘n klein Israelietiese volkie en boonop ‘n vrou.  Toe Mordegai haar voor ‘n keuse stel beteken albei kante die dood.  Sy gaan sit by God se voete vir drie dae lank en ontdek wie sy werklik is. Nie ‘n Israeliet nie,  nie ‘n Persiese koningin nie, maar God se kind!  Daaruit kom haar krag en kan sy vreesloos as vrou optree.”

Ons is trotse Dameskringlede wat vol nuwe ywer terugkeer na ons onderskeie takke.

 

                                     

VROU VAN FORMAAT – LEANA LATEGAN                                                  Haar werk behels navorsing en verkenning van die Afrikaanse letterkunde in die breedste sin. Die uitkomste van hierdie navorsing word gebruik om allerlei interessante take te verrig soos: praatjies en besprekings, die radio en koerante, die inrig van uitstallings, skrywers en ander boekgeleenthede en nog vele meer. Die daaglikse omgang met skrywers, uitgewers, navorsers en leiers van diverse gemeenskappe is ‘n verrykende ervaring en bly steeds ‘n groot uitdaging.  As gevolg van Leana se liefde vir haar taal wy sy haar hele beroepsloopbaan aan die bevordering van die bewaring en behoud van Afrikaans in enige denkbare vorm. Ons eer haar hiervoor.

 

Mandjie0
Daar is geen produkte in jou mandjie nie.
Kyk nog rond
0