VRYSTAAT HOU KONFERENSIE IN RIEBEECKSTAD
As UB-lid voel ek innig dankbaar teenoor Welkom en Riebeeckstad se DK-takke vir die Konferensie wat hulle so suksesvol aangebied het.
Bethlehem het ‘gees’ gebring met ‘n Meksikaanse tema. Kroonstad het dit ook baie saam met ons geniet. Die uitstekende spreker, Igno van Niekerk met sy sanger-maat, Hannes Bosman het ons op ligter trant en met nostalgiese liedjies vermaak.
Met smaaklike eet- en drinkgoed is ons op eg Meksikaanse wyse verwelkom.
Ek vertrou dat ons ook hier in die Vrystaat nog nuwe lede in ons DAMESKRING kan intrek. Ons Konferensies kan daarvoor geleentheid bied.
Ons waardeer ons president Coreen, se teenwoordigheid en haar positiewe ingesteldheid en inspirasie. So skryf Sophia Herman (UB-lid Vrystaat N&O).