Gesins- en huishoudelike geweld (Karn Botha)

BOODSKAP VAN HOOP VIR MENSE WAT VASGEVANG IS IN ‘N SIRKEL VAN GEWELD
 
”DIE PAD UIT DIE WOESTYN”
 
Dit is dikwels hoe mense voel wat vasgevang is in ‘n geweldsituasie, geen hoop om uit hierdie dorre woestyn van fisiese- en emosionele geweld weg te kom nie.
 
Die slagoffer moet besef dat sy/hy nie alleen hierdeur hoef te gaan nie, daar is hulp! Die wet beskerm slagoffers teen geweld. In geweld situasies is self boodskappe aan die orde van die dag, bv ”dit is reg, ek verdien dit”! NEE, geen persoon verdien om mishandel te word nie!
 
Praat en verbreek die stilte en die geheim, vertel die verhaal! Slegs die mishandelde kan die keuse maak om ‘n slagoffer te bly, of ‘n oorwinnaar te word. ”Victim to survivor”
Onthou: KNEUSPLEKKE VERDWYN…MAAR DIE PYN DUUR VIR EWIG!
 
BELANGRIKE PUNTE OM TE ONTHOU AS JY TOT AKSIE WIL OORGAAN
 
Jou stryd om te ontsnap uit die geweld is ‘n heldedaad, maak ‘n keuse! Jy kan nie wag vir die perfekte oomblik nie. Die oomblik wanneer die omstandighede reg is wanneer al die risiko’s uitgeskakel is en jy veilig voel om tot aksie oor te gaan, breek nooit aan nie. Jy moet nou daardie plan deurvoer – risko’s en al! Die beste strategie om uit die mishandeling te kom is dikwels die teenoorgestelde strategie wat gebruik word en mishandeling oorleef. Moenie skaam of skuldig voel as jy nog lief is vir hom/haar nie. Dikwels wil jy die oortreder beskerm en hom/haar nie in die moeilikheid laat beland nie.
 
• Jy verdien hulp! Jy gaan baie hulp nodig hê.
• Jy het wetlike regte. Ken jou regte.
• Reg op gelyke beskerming deur die wet.
• Die reg om seks te weier.
• Die reg op ‘n lewe sonder geweld en dreigemente.
• Hanteer jou gevoelens van vrees en onsekerheid. Reik uit en praat.
Lees meer deur op die boonste skakel te klik.
Mandjie0
Daar is geen produkte in jou mandjie nie.
Kyk nog rond
0