Vir smulpape en kosliefhebbers! Dié speletjie bevat 80 vrae oor Suid-Afrikaanse gunstelinge soos biltong, beskuit, koeksisters en eg Suid-Afrikaanse handelsname – plus ’n paar internasionale disse. Kies die regte antwoord en leer sommer iets nuuts. By elke vraag is daar ook ʼn “Het jy geweet”-afdeling waar jy meer inligting oor die vraag ontvang.

