Sing en dans saam in Afrikaans! Die musiekspeletjies bevat 100 vrae oor Afrikaanse liedjies en kunstenaars. Elke generasie kan deelneem. Daar is vrae wat kunstenaars soos Chris Steyn (Plakkies) insluit, maar ook vrae oor FAK-liejies soos “Aai, Aai die Witborskraai”. By elke vraag is daar ʼn addisionele opdrag bv. om die eerste vers van die liedjie te sing of ʼn vraag te beantwoord. Die vrae dek die geskiedenis van die ontwikkeling van Afrikaanse liedjies in - van sanggroepe soos die Briels tot hedendaagse sanggroepe soos Spoegwolf.

